Kestell | |
---|---|
Koördinate: 28°19′0″S 28°42′0″O / 28.31667°S 28.70000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyane |
Munisipaliteit | Maluti-a-Phofung |
Stigting | 1905 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,95 km2 (3,84 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 109 |
• Digtheid | 111/km2 (290/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 46.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.3% |
• Bruin mense | 1.4% |
• Swart mense | 49.4% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 49.6% |
• Sotho | 31.0% |
• Engels | 11.7% |
• Zoeloe | 3.4% |
• Ander | 4.3% |
Poskode (strate) | 9860 |
Poskode (posbusse) | 9860 |
Skakelkode | 058 |
Kestell is 'n dorpie geleë in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die N5 nasionale pad gaan deur die dorp.
Die dorp is gestig in 1905 op die plase Mooifontein en Driekuil wat van Adriaan en Johannes Bezuidenhout gekoop is. Dié dorp is genoem na dr. John Daniel Kestell (1854–1941), wat 'n belangrike rol gespeel het in die Anglo-Boereoorlog en later gehelp het om die Bybel in Afrikaans te vertaal. Die dorp het in 1906 'n munisipaliteit geword. Kestell is geleë tussen Bethlehem en Harrismith, waar dr. Kestell van 1894 tot 1903 predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk was. Die plaaslike NG kerkgebou, ontwerp deur die befaamde argitek van onder meer tientalle kerke en die Voortrekkermonument, Gerard Moerdijk, is op 31 Maart 1928 ingewy.
Kestell het gegroei tot 'n handels-, kerk-, skool-, en administratiewe sentrum vir 'n belangrike landbougebied. Hier word gemengde boerdery beoefen – beeste, suiwel, skape, mielies en ander graan gewasse. Die dorp is bekend vir sy sandsteengeboue.
Op 25 Desember 1901 het generaal Christiaan De Wet 'n Britse kolonne verslaan in die Slag van Groenkop. Dit het sowat 20 km noordwes van Kestell plaasgevind in die voetheuwels van die Langberg en Bothasberg.