From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min
| Khmer | |
|---|---|
| Totale bevolking: | ca. 12 miljoen[1] |
| Belangrike bevolkings in: |
|
| Taal: | Khmer |
| Geloofsoortuiging: | |
| Verwante etniese groepe: | Ander Mon-Khmer-volke soos Mon en Wa |
Die Khmer (Khmer: ខ្មែរ [kʰmaːe], Noord-Khmer: [kʰmɛr]), soms ook Kambodjane genoem, is 'n nasie en etniese groep inheems aan Kambodja en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand en Viëtnam. Hulle vorm die titulêre nasie van Kambodja en maak omtrent 90% van Kambodja se bevolking uit.

Die Khmer behoort tot die Mon-Khmer-volke en praat Khmer as moedertaal wat saam met Viëtnamees tot die Austro-Asiatiese tale behoort.
Die Khmer is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.
Wêreldwyd leef sowat 12 miljoen Khmer, waarvan sowat 1,2 miljioen in Thailand en omtrent tussen 1 en 1,4 miljioen in Viëtnam, waar hulle tot een van die 54 amptelik erkende etniese groepe behoort. Naas Viëtnamese, Tai en Thai vorm Khmer die vierde grootste etniese groep in Viëtnam.[8]