From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie | Kigali |
| Koördinate | 01°57′S 30°4′O / 1.950°S 30.067°O |
| Stigting | 1907 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 730 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 1 567 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2012) | 1 132 686 |
| - Bevolkingsdigtheid | 1 165,8/vk km |
| Tydsone | UTC +2 |
| Burgemeester | Fidele Ndayisaba |
| Amptelike webwerf | kigalicity.gov.rw |

Kigali is die hoofstad van Rwanda en die "ekonomiese enjin" van die land. Die stad het 'n bevolking van 1 132 686 in 2012 gehad met 'n oppervlakte van 730 km². Kigali is op 'n aantal heuwels gebou en in 1907 in die destydse Duits-Oos-Afrika gestig, maar het eers met Rwanda se onafhanklikheid in 1962 dié land se hoofstad geword. Die burgemeester is Fidele Ndayisaba.