Kolhaas | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | |
Spesie: | L. saxatilis
|
Binomiale naam | |
Lepus saxatilis F. Cuvier, 1823
| |
verspreiding |
Die kolhaas (Lepus saxatilis) is 'n haas wat in Suid-Afrika, dele van Sentraal-Afrika en Namibië voorkom. Die kolhaas is groter as die vlakhaas maar kleiner as die springhaas. Die springhaas is egter nie 'n ware haas nie maar 'n knaagdier.
Die haas is dofgelerig met swartgrys kolle wat van naby beskou 'n sout-en-peper voorkoms het. Die ken en onderdele is wit. Om die keel is 'n kraag van dieselfde kleur as die bodele met 'n wit kol op die voorkop. Die kol op die bokant van die nek wissel van baksteenbruin tot oranjegeel. Die stert is swart aan die bokant en wit aan die onderkant, en die pote is dofgeel. Hierdie hase het 'n gemiddelde lengte van 60 cm en die wyfie is effens groter as die mannetjie.
Hulle hou van ruigtes met stukke grasveld en vermy oop grasvlaktes of digte bos. Kolhase is naglewend; hulle kom na sononder uit en soek teen sonop weer hul skuilplekke op. Hulle is gewoonlik alleen en is gevoelig vir koue weer. Kolhase se natuurlike vyande is die luiperd, leeu, rooikat, vaalboskat, tierboskat, wildehond, sivet, rooijakkals en breëkoparend.
Hulle eet veral groen gras, blare, lote en stingels. Telkens word twee tot drie kleintjies gebore na 'n dratyd van ±5 weke. Die kolhaas het 'n moontlike lewensduur van 7,5 jaar.