Lido | |
Tipe | Korporasie |
---|---|
Gestig | 1987 |
Hoofkantoor | Riga, Letland |
Sleutelpersone | Gunārs Ķirsons |
Gebied bedien | Letland |
Industrie | Spyseniering en vleisverwerking[1] |
Werknemers | omstreeks 1 000[1] |
Webwerf | lido.lv |
LIDO is 'n Letlandse selfbedienrestaurant-ketting wat in 1987 deur Gunārs Kīrsons, 'n vroeëre barman, in Riga gestig is. LIDO beskik oor altesaam nege bistro's en restaurante en het daarnaas ook belange in die hotel- en voedselbedryf. Die onderneming het meer as 1 000 werknemers in diens.
LIDO-restaurante word gekenmerk deur hul besondere atmosfeer en binnedekor wat aan ou Letlandse tradisies ontleen is: die gebruik van hout vir binnedekor en meubels, tradisionele Letlandse musiek, en spyskaarte waarop vars bier en 'n groot verskeidenheid Letlandse geregte teen lae pryse aangebied word. Dié konsep maak van LIDO-restaurante 'n mededinger vir buitelandse kitskos-restaurantkettings op die plaaslike mark. Die maatskappy het intussen ook na die Estniese en Russiese mark uitgebrei en selfbedienrestaurante in Tallinn en Moskou geopen.[2][3]
Een van die bekendste LIDO-restaurantkomplekse, die LIDO atpūtas centrs ("LIDO ontspanningsentrum") in Riga, is as 'n ronde blokhuis ontwerp en beskik naas restaurante en kroeë met altesaam 1 500 sitplekke oor sy eie windmeul en vermaaklikheidspark met rolskaatsbaan. Op die spyskaart is meer as 1 000 Letlandse asook disse uit die voormalige Sowjetunie.