From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min
| Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
|---|---|---|---|---|
| Jura | Vroeg | Hettangium | jonger | |
| Trias | Laat | Rhaetium | 201,3–208,5 | |
| Norium | 208,5–~228 | |||
| Karnium | ~228–~235 | |||
| Middel | Ladinium | ~235–~242 | ||
| Anisium | ~242–247,2 | |||
| Vroeg | Olenekium | 247,2–251,2 | ||
| Indusium | 251,2–252,2 | |||
| Perm | Lopingium | Changhsingium | ouer | |
| Die verdeling van die Trias (IKS). | ||||
Die Ladinium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Middel-Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 242 tot 235 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Anisium en gevolg deur die Karnium.
Die Ladinium is genoem na die Ladini, ’n bevolkingsgroep in die Dolomiete in die noorde van Italië. Die tipeligging kom voor in ’n ontsluiting langs die rivier Caffaro by Bagolino in die Italiaanse provinsie Brescia.[2]
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Eoprotrachyceras curionii of die Conodonta Budurovignathus. Die bokant van die etage is nog nie definitief vasgestel nie.