Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Laerskool Middelburg

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Laerskool Middelburg
Leuse Wees Wakker[1]
Gestig 28 September 1904[1]
Tipe Staatskool
Hoof Gerrie van der Merwe[1]
Adjunkhoof(de) Petrea van den Heever
Willie Dique[1]
Stigter J. Cox
Personeel 65 onderwysers[1]
7 administratief
Grade R-7
Adres Joubertstraat 32[1]
Dorp Middelburg
Provinsie Mpumalanga
Land Suid-Afrika
Kleure               
Webblad www.laerskoolmiddelburg.co.za

Die Laerskool Middelburg is 'n openbare skool vir Afrikaanssprekende primêre leerders wat in Middelburg, Mpumalanga geleë is.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die skool het 'n lang en kleurvolle geskiedenis van oor die 110 jaar. Laerskool Middelburg is oorspronklik op 28 September 1904 as die Middelburg Free School geopen deur die destydse Direkteur van Onderwys in Transvaal, mnr. Fabian Ware.[2] Die skoolgebou is opgerig teen die reuse bedrag van £  4666. Tydens die opening van die skool was mnr. McKenzie die hoof, en in 1908 staan die leerlingtal op 385.

In 2015 is die skoolhoof mnr. Gerrie van der Merwe.

Skoolwapen en Leuse

[wysig | wysig bron]

In 1924 verander die skool se naam na die Middelburg Afrikaanse Skool met 'n koedoekop as trotse skoolwapen.[2] In hierdie wapen is Afrikaner-patriotisme en liefde vir die natuur saamgesnoer. Die huidige naam van die skool is in 1978 aangeneem. Leerders verwys na hulself as "Koedoekoppe" en hulle leuse is "Wees Wakker".[2]

Skoollied

[wysig | wysig bron]

Die skepper van die skoollied in 1976 was ene mev. Grobler en in 2014 is die woorde deur Surette Prinsloo verwerk.[2]

Bekende alumni

[wysig | wysig bron]

Lys van hoofseuns

[wysig | wysig bron]
  • Louw van Eeden (2014)

Lys van hoofdogters

[wysig | wysig bron]
  • Greta Kurpershoek (2014)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 www.laerskoolmiddelburg.co.za
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 TV-program: Skole Top 10 – Laerskool Middelburg, kykNET, heruitsending op 3 Julie 2015

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Laerskool_Middelburg
5 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF