Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Lasagne

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min

Lasagne
Gebakte lasagne.
Gebakte lasagne.
Soort gereg Pasta
Gang Hoofgang
Land Vlag van Italië Italië
Hoofbestanddeel Durum
Ander bestanddele Vleis, tamaties, kaas
Variasies Lasagnette

Lasagne (enkelvoud: lasagna) is groot, plat velle pasta en moontlik een van die oudste soorte pastageregte.[1] Dit verwys gewoonlik na ’n gereg met verskeie lae souse en ander bestanddele soos vleis en kaas.[2]

Oorsprong

[wysig | wysig bron]

Lasagne het in die Middeleeue in Italië ontstaan, moontlik in die stad Napels. Die eerste resep wat aangeteken is, was in die vroeë 14de eeu.[3] Dit het baie verskil van die latere tradisionele vorm van lasagne; dit het bestaan uit gegiste deeg wat in ’n plat vel gedruk en dan gekook, met kaas en speserye besprinkel en met ’n klein gepunte stokkie geëet is.[4] Volgens latere resepte is die pasta in hoenderaftreksel gekook en met kaas en hoendervet gegeur.[4]

Die tradisionele lasagne van Napels, lasagne di carnevale, bestaan uit lae plaaslike wors, klein gebraaide frikkadelle, hardgekookte eiers, ricotta en mozzarella, asook ’n sous.[5] Lasagne al forno, wat lae vleis- en béchamelsous bevat en ooreenstem met die algemene weergawe van die gereg buite Italië, word tradisioneel verbind met Emilia-Romagna. In ander streke kan lasagne gemaak word van verskeie kombinasies van ricotta of mozzarella, tamatiesous, verskeie soorte vleis (soos gemaalde beesvleis, varkvleis of hoender) en verskeie soorte groente (byvoorbeeld spinasie, olywe of sampioene). Dit word gegeur met wyn, knoffel, uie en origanum. Dit word in al die gevalle gebak (al forno).

Pasta in Suid-Italië is tradisioneel van semolina en water gemaak en in die noorde, waar semolina nie beskikbaar was nie, van meel en eiers. Vandag mag net meel van durum vir kommersiële pasta gebruik word.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Oxford Companion to Food 2nd Ed. Oxford University Press, USA. 2006. ISBN 0-19-280681-5.
  2. "Lasagna" (in Engels). Merriam-Webster. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 30 Junie 2017.
  3. Liber de Coquina (1285), De lasanis. Gloning.
  4. 4,0 4,1 Serventi, Pasta: the story of a universal food, Columbia UP, 2012, p.235
  5. Del Conte, Anna (1 Desember 2013). Gastronomy of Italy. Pavilion. ISBN 978-1862059580.
  6. "Presidential Decree 187" (PDF). translation from UA A.F.P.A. 9 Februarie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Augustus 2012. Besoek op 7 Oktober 2012.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Lasagne
15 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF