From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min
| Lebombo-aalwyn | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Plantae |
| Klade: | Tracheofiete |
| Klade: | Angiospermae |
| Klade: | Eensaadlobbiges |
| Orde: | Asparagales |
| Familie: | Asphodelaceae |
| Subfamilie: | Asphodeloideae |
| Genus: | Aloidendron |
| Spesie: | A. spicata
|
| Binomiale naam | |
| Aloidendron spicata L.f., 1782
| |
| Sinonieme | |
| |
Die Lebombo-aalwyn (Aloe spicata) is aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems in Limpopo, Mpumalanga KwaZulu-Natal, Eswatini asook die suide van Zimbabwe en Mosambiek.[1]
Die plant kan droogtes verduur en word tot 2 m hoog met 30 blare wat 'n digte roset vorm om die stam. Die heldergroen blare word 600 - 800 mm lank, is gebuig met tandjies op die rande. Geel blomme word van Junie tot Augustus gevorm, wat 'n maksimum van 50 mm in deursnee en 500 - 1200 mm lank is.
Die aalwyn is ook geklassifiseer as 'n boom en sy FSA-nommer is 30.4.[2] In Engels staan die aalwyn bekend as die Lebombo aloe.