Leishu (Chinees: 類書, "kategorieboeke") is ’n genre verwysingsboeke wat histories in China en omliggende lande saamgestel is. Die term word gewoonlik as "ensiklopedie" vertaal, hoewel dit grootliks verskil van die moderne betekenis van ’n ensiklopedie.[1]
Die leishu bestaan soms uit lang aanhalings uit ander werke,[2] en bevat dikwels kopieë van volledige werke, nie net uittreksels nie.[3] Die werke word geklassifiseer volgens ’n stelselmatige stel kategorieë, wat weer in subkategorieë verdeel word.[2] Leishu kan beskou word as bloemlesings, maar hulle is ensiklopedies in die sin dat hulle die hele omvang van kennis met die tyd van samestelling dek.[2]
Sowat 600 leishu is saamgestel van die vroeë 3de eeu tot met die 18de eeu, waarvan 200 bewaar gebly het.[4] Die grootste een was die Yongle Dadian van 1408 wat 370 miljoen Chinese karakters bevat het.[3] Die grootste een wat ooit gedruk is, is die Gujin Tushu Jicheng, met 100 miljoen karakters op 852 408 bladsye.[5]
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)