Lera Auerbach | |
---|---|
Geboortenaam | Valeria Lvovna Averbakh |
Gebore | 21 Oktober 1973 Tsjeljabinsk |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis, pianist |
Lera Auerbach (Russies: Лера Авербах, gebore Valeria Lvovna Averbakh, Russies: Валерия Львовна Авербах; 21 Oktober 1973, Tsjeljabinsk) is 'n Sowjet-Russies gebore Amerikaner klassieke komponis en pianis.[1]
Auerbach was gebore vanuit 'n Joodse gesin in Tsjeljabinsk, 'n stad in die Oeralgebergte wat grens aan Siberië. Haar moeder was 'n klavieronderwyser, wie se voorouers ook musikante was.[1] Auerbach het haar eie musiek op 'n vroeë ouderdom begin komponeer, en sy het later aan 'n onderhoudvoerder vertel, "Ek was gebore om dit te doen, om in die kunste werksaam te wees...Ek het hierdie gevoel gehad toe ek vier was en ek het dit gehad toe ek na New York gekom het...".[1]
Sy het toestemming ontvang om die Verenigde State te besoek op 'n konserttoer in 1991. Alhoewel sy geen Engels magtig was nie, het sy besluit om te ontsnap sodat sy in die land kon bly ten einde haar musikale loopbaan voort te sit. Sy het daagliks meer as 'n honderd Blokke gestap ten einde te kan studeer by die Manhattan Musiekskool omrede sy nie die subway tariewe kon bekostig nie.[1]
Auerbach het gevolglik grade in klavier en komposisie gekry by die Juilliard Skool waar sy klavier gestudeer het saam met Joseph Kalichstein , en komposisie saam met Milton Babbitt. Haar voorgraadse studies was onderskryf deur Die Paul & Daisy Soros Genootskap vir Nuwe Amerikaners.[2] Sy het ook gegradueer in die klaviersolis-program van die Hochschule für Musik Hannover.[3]
Auerbach se komposisies is al aangevra en opgevoer deur 'n wye reeks kunstenaars, orkeste en balletgeselskappe, insluitende Gidon Kremer, die Kremerata Baltica, die David Finckel, Wu Han, Vadim Gluzman, die Tokio, Kuss, Parker en Petersen Strykkwartette, die SWR en NDR simfonieorkeste, die Berg Orkes, en die Koninklike Deense Ballet. Auerbach se musiek was ook aangevra deur en opgevoer by die Caramoor Internasionale Musiekfees, Lucerne Fees, Lockenhaus Fees, "Bremen Musikfest" en Schleswig-Holstein Musikfees.
'n Nuwe aanvraging deur die Koninklike Deense Ballet om Hans Christian Andersen se tweehonderdste herdenking, was die tweede samewerking tussen Lera Auerbach en die choreografies John Neumeier. Die ballet is 'n moderne weergawe van die klassieke Feëverhaal Die Klein Meermin en die werk se buiging het plaasgevind in April 2005 by die toe-nuut-geopende Kopenhagen Operahuis.[4]
Haar Dubbelkonsert vir Viool, Klavier en Orkes, Op. 40, was in 1997 geskryf, maar was nie opgevoer tot 15 Desember 2006 in Stuttgart nie. Dit was opgevoer deur die Stuttgart Radio Simfonieorkes en gedirigeer deur Andrey Boreyko; die soliste was die violis Vadim Gluzman en pianis Angela Yoffe. Die Amerikaanse buiging van die werk het plaasgevind op 13 Februarie 2010 deur die Fort Wayne Filharmoniese Orkes wat gedirigeer is deur Andrew Constantine; en die soliste was die violis Jennifer Koh en pianis Benjamin Hochman.[5]
In 2007 het haar Simfonie No. 1, "Chimera", sy wereldpremiére ontvang deur die Düsseldorf Simfonieorkes. Ander eerste opvoerings in 2007 sluit die Simfonie No. 2 "Mis vir 'n Digter" deur Hannover se NDR Radio Filharmoniese Orkes in, sowel as 'N Russiese Mis (gebaseer op Russiese Ortodokse gewyde tekste en poësie deur Alexander Pushkin, Gavrila Derzhavin, Mikhail Lermontov, Boris Pasternak, Osip Mandelstam, Alexander Blok, Zinaida Gippius, Anna Akhmatova, Joseph Brodsky, Viktor Sosnora en Irina Ratushinskaya) deur die Bremen Filharmoniese Orkes saam met die Nasionale Koor van Letland en die Seuns Operakoor van Estland.
Wene se geskiedkundige Theater an der Wien het in November 2011 die eerste opvoering van Auerbach se vollengte opera, gebaseer op haar oorspronklike toneelstuk Gogol, gegee.[6]
Auerbach se a cappella opera Die Blindes, (gebaseer op 'n toneelstuk deur Maurice Maeterlinck) was opgevoer in 'n omstrede nuwe produksie deur John La Bouchardière by die Lincoln Sentrum vir Uitvoerende Kunste, New York Stad, in Julie 2013. Die gehoor was gedurende die hele opvoering geblinddoek.[7]
In 2005 het Auerbach die Hindemith-prys van die Schleswig-Holstein Musik Fees ontvang.[8] In dieselfde jaar het sy die Förderpreis Deutschlandfunk en die Bremer Musikfest-prys gewen. Sy was komponis-in-residensie in Bremen. Sy is bekend daarvoor dat sy die jongste komponis is om verteenwoordig te word deur die bekroonde Musikale uitgewersmaatskappy, Internationale Musikverlage Hans Sikorski GmbH & Co. KG van Hamburg, Duitsland.[9]
In 2007 was sy geselekteer as 'n lid van die forum van Jong Globale Leiers tydens die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland.[10]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |