From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
Lira | |
|---|---|
Lira tree op tydens die 2010 FIFA Wereldbeker-konsert. | |
| Geboortenaam | Lerato Moipone Molapo[1] |
| Gebore | 14 Maart 1979 Daveyton, Suid-Afrika |
| Genres | Afro-soal |
| Beroep(e) | Sangeres |
| Jare aktief | 2003 - nou |
| Etikette | Sony Musiek Afrika |
| Webwerf | misslira |
Lira is die verhoognaam van Lerato Molapo, 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Sy is op 14 Maart 1979 in Daveyton, Benoni gebore. Haar naam beteken "liefde" in Suid-Sotho. Sy het SAMA-pryse vir haar album Soul in Mind ingepalm, asook vir haar liedjie Feel Good en haar twee DVD's Lira Live in Concert: A Celebration en Return to Love. Haar twee albums Feel Good en All My Love, en vir haar liedjie Return to Love was genomineer vir SAMA-pryse.[1]