Longdale | |
---|---|
Koördinate: 26°12′0″S 27°58′0″O / 26.20000°S 27.96667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,84 km2 (0,32 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 773 |
• Digtheid | 3 301/km2 (8 550/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3,3% |
• Indiërs/Asiërs | 1,1% |
• Bruin mense | 22,1% |
• Swart mense | 73,4% |
• Ander | 0,3% |
Taal (2011) | |
• Engels | 21,2% |
• Zoeloe | 19,6% |
• Xhosa | 15,9% |
• Tsonga | 11,1% |
• Ander | 32,2% |
Longdale is ’n nywerheidsvoorstad van Johannesburg, sowat 8 km wes van die stadsaal.
Dit loop langwerpig van die noordweste na die suidooste oor ’n afstand van sowat 2,8 km, maar van noord na suid is die verste uithoeke skaars 450 m. Longdale grens in die ooste aan ’n oorblywende onbeboude deel van die plaas Langlaagte, in die suide aan Riverlea, in die weste aan Commandoweg en in die noorde aan Industria-Wes. Die naam is die Engelse vorm van die naam van die plaas waarop dit uitgelê is, Langlaagte.
Volgens die syfers van die 2011-sensus het Longdale ’n bevolking van 2 773 gehad, van wie 73,2% swart en 22,1% bruin was, maar dié syfers het eintlik betrekking op ’n plakkerskamp suid van Longdale Walk wat vir die sensusdoeleindes saam met Longdale getel is.[2]