Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Maatsteen

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Groot blokke granietmaatsteen word in 1827 by Teignmouth gelaai.

Maatsteen is natuurlike steen of rots wat geselekteer en gefabriseer (d.i. afgewerk, gesny, geboor, geslyp of ander) is in spesifieke groottes of vorme. Kleur, tekstuur en patroon, en oppervlakafwerking van die steen is ook normale vereistes. Nog 'n belangrike seleksiekriterium is duursaamheid: – die tydsbestek van die vermoë van maatsteen om stand te hou en die noodsaaklike en kenmerkende eienskappe van sterkte, weerstand teen verwering, en voorkoms te behou.[1]

Steengroewe wat maatsteen of gruisklip (gebruik as konstruksieaggregaat) produseer is verwisselbaar. Aangesien meeste steengroewe enige van die twee kan produseer, kan 'n gruisklip-steengroef omgeskakel word na maatsteenproduksie. Alvorens moet die verbryselde steenreste van blindelingse skietwerk egter verwyder word. Maatsteen word gesplyt deur meer presiese en delikate tegnieke, soos diamantdraadsae, diamantbeltsae, branders (vlymstrale),[2] of lig en selektiewe skieting met Primacord, 'n swak springstof.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ASTM, C18, C119-08 Standard Terminology Relating to Dimension Stone", ASTM, 2008, p.8 ISBN 0-8031-4118-1
  2. Beskrywing van 'n vlymstraal

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Maatsteen
2 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF