Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Magenta

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

#FF00FF

Magenta is 'n pers-rooi kleur, wat ook as fuchsia of siklaam bekend staan. Magenta is een van die eerste kunsmatig vervaardigde anilienkleure en is in 1859 deur die Britse chemikus Sir William Henry Perkin (1838–1907) ontdek. Hy vernoem dit na die Italiaanse stad Magenta, waar in dieselfde jaar 'n groot slag tussen die Franse en Oostenrykers plaasgevind het.

Magenta is 'n primêre kleur in die aftrekkende kleurstelsel en 'n sekondêre kleur in die toevoegende kleurstelsel. In albei stelsels is dit die komplementêre kleur van groen. By inkdrukkers is magenta 'n standaardkleur vir die vierkleurdruk.

Kleurkoördinate

[wysig | wysig bron]

Volgens verskeie kleurskemas word magenta as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #FF00FF
RGB-kleurmodel (255, 0, 255)
CMYK (0, 100, 0, 0)
HSV (300°, 100%, 100%)

Sien ook

[wysig | wysig bron]



Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Magenta
8 views | Status: cached on November 16 2024 03:15:44
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF