Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Magners

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

'n Bottel Magners Cider

Magners Irish Cider is 'n handelsmerk vir sider wat in die Ierse graafskap Tipperary deur die C&C Group vervaardig word. Die produkreeks is intussen uitgebrei tot vier soorte sider - Original, Light, Pear en Berry. Magners is oorspronklik as Bulmers Irish Cider vervaardig en bemark en word in die Republiek Ierland steeds onder diƩ naam verkoop, alhoewel die fabriek nie meer in besit van H. P. Bulmer (een van die voorste siderprodusente in Engeland) is nie. In Noord-Ierland en die res van die Verenigde Koninkryk word dit, net soos op ander internasionale markte, bemark as Magners.

Magners is die hoofborg van die Glasgowse sokkerspan Celtic Football Club.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Magners
11 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF