Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Magou

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

'n Karton van magou, langs 'n glas van magou.

Magou (ook: mageeu, mageu, mahewu) is die tradisionele tuisgebroude bier van sekere inheemse bevolkingsgroepe van Suider-Afrika.

Die gegiste suurpap gemaak van mielies is tot ‘n ligte bier verdun. Bier is vir sekere volkere ‘n belangrike voedsame voedselsoort en ‘n rituele drank. Dit het ‘n lae alkoholgehalte en groot hoeveelhede kan dus daarvan gedrink word. Tuisgebroude bier se alkoholinhoud is soms verhoog met die byvoeging van middels wat voedselvergiftiging tot gevolg gehad het. Teenswoordig word magou in fabrieke vervaardig.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Magou
15 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF