Makhaya Ntini | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Ntini op Edgbaston, 31 Julie 2008 | ||||||
Volle naam | Makhaya Ntini | |||||
Gebore | 6 Julie 1977 King William's Town, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | The Mdingi Express | |||||
Lengte | 1.75 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig ortodoks | |||||
Boulstyl | Regterarm vinnig | |||||
Rol | Bouler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut | 19 Maart 1998 v Sri Lanka | |||||
Laaste Toets | 26 Desember 2009 v Engeland | |||||
EDI debuut | 16 Jan 1998 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste EDI | 17 April 2009 v Australië | |||||
EDI hempno. | 16 | |||||
T20I debuut | 11 Sep 2007 v Wes-Indië | |||||
Laaste T20I | 9 Januarie 2011 v Indië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1995–2003 | Grens | |||||
2004–2012 | Krygers (Warriors) | |||||
2005 | Warwickshire graafskap | |||||
2008–2010 | Chennai Super Kings | |||||
2010 | Kent graafskap | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 101 | 173 | 190 | 275 | ||
Lopies aangeteken | 699 | 199 | 1284 | 328 | ||
Kolfgemiddeld | 9.84 | 8.65 | 9.44 | 7.28 | ||
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/0 | 0/0 | ||
Hoogste telling | 32* | 42* | 34* | 42* | ||
Aflewerings geboul | 20,834 | 8,687 | 35,039 | 13,053 | ||
Paaltjies | 390 | 266 | 651 | 388 | ||
Boulgemiddeld | 49.77 | 24.51 | 28.98 | 25.28 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 18 | 4 | 27 | 9 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 4 | n/a | 5 | 6 | ||
Beste boulontleding | 7/37 | 6/22 | 7/37 | 6/22 | ||
Vangskote/Stonkings | 25/– | 30/- | 40/- | 50/- | ||
Bron: CricketArchive, 30 November 2013 |
Makhaya Ntini OIS (6 Julie 1977 naby King William's Town, Oos-Kaap) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die eerste etnies-swartspeler vir die Suid-Afrikaanse span was. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2003 en 2007, die T20I-wêreldbeker 2007, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004, 2006 en 2009 vir Suid-Afrika gespeel.
Twee jaar nadat sy talent in die Grens ontdek is, word hy gekies om Engeland toe te toer met die Suid-Afrikaanse o.19-span, en speel in al vyf die internasionale wedstryde. Engeland oorheers beide eendagwedstryde op die toer met die Suid-Afrikaners wat net een paaltjie kon neem, deur Pierre Joubert.[1] In die toetsreeks, wat Engeland met 2-0 wen, neem Ntini altesaam nege paaltjies, die tweede meeste deur 'n Suid-Afrikaner.[2] Sy boulwerk was duur en kom teen 'n koers van 4.53 lopies per boulbeurt, meer as enige ander Suid-Afrikaner met die uitsondering van Mark Boucher, wat eintlik 'n paaltjiewagter was.[2][3] Na twee wedstryde vir die Grens teen die toerende Keniane,[4] het Ntini sy eersterangse debuut in November 1995 teen 'n Engelse XI gemaak.[5] Hy het twee paaltjies ingeoes in Engeland se enigste beurt, waartydens Grens deeglik die loef afgesteek is.[6]
In sy debuutseisoen neem Ntini 17 paaltjies teen 'n gemiddeld van 37,05 in eerste-klas wedstryde.[7] Sy beste vertoning in 'n beurt was teen die Vrystaat, toe hy drie paaltjies vir 49 lopies geneem het tydens sy 17 boulbeurte.[8] Hy toer weer saam met die nasionale onder-19s in Maart en April 1996 na Indië. Ntini wys sy talent tydens die derde wedstryd met 6/53 in die eerste beurt en 3/48 in die tweede beurt.[9]
As snelbouler was hy geneig om wyd van die paaltjies te boul met lewendige aflewerings en goeie vaart. Hy oorleef politieke omstredenheid vroeg in sy loopbaan, en word slegs die derde Suid-Afrikaner om 300 toetspaaltjies te neem naas Shaun Pollock en Allan Donald, en die tweede plek op die IKR-toetsboulranglys in te neem. Hy het later, tot die 2010-seisoen, plaaslike krieket vir die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[10]
Ntini keer terug na die Suid-Afrikaanse span vir 'n Sharjah toernooi in 2000. Sy verbetering was duidelik sigbaar toe hy met groter beheer geboul het. In 2003 word hy die eerste Suid-Afrikaner om 10 paaltjies op Lord's Cricket Ground te neem. Dit was waarskynlik Ntini se beste vertoning, behalwe toe hy 13 paaltjies vir 132 lopies teen die Wes-Indiese Eilande in Port-of-Spain geneem het op 12 April 2005. Dit bly die meeste paaltjies deur 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler in 'n toets geneem. Op 3 Maart 2006 het Ntini ook die beste boulsyfers deur 'n Suid-Afrikaner behaal in 'n eendagwedstryd, deur Australië met 6 paaltjies vir 22 lopies te vermorsel.
Ntini het homself as Suid-Afrika se beste snelbouler en een van die voorste snelboulers in die wêreld gevestig. In Februarie 2009 beklee hy die vyfde posisie as wêreldtoetsbouler na Muttiah Muralitharan, Dale Steyn, Stuart Clark en Mitchell Johnson, maar daal ook tot 25ste posisie as eendaagse bouler, volgens die IKR se ranglys.[11]
Op 20 Januarie 2007 het Ntini Mohammed Sami verbygesteek om sy 300ste paaltjie in sy 74ste toets te neem. Op 1 Augustus 2008 het hy Engeland se aanvangskolwer Alastair Cook uitgehaal om sy 350ste toetspaaltjie in sy 90ste toets te eis.
Op 17 Desember 2009 speel hy in sy 100ste toets, steeds die enigste swart Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die merk kon bereik. Maar nadat hy reeds sy plek in die eendaagse span verloor het, is hy uit die toetsspan gelaat na swak vertonings teen Engeland.
Ntini het op 9 Januarie 2011 uit alle vorme van internasionale krieket getree, na 'n T20-wedstryd teen Indië in Durban.[12][13]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |