Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Marius de Waal

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Marius Theodorus de Waal (12 Maart 1925 - 10 Julie 2019) was 'n sakeleier in Suid-Afrika, voorsitter van die ou Yskor, Transnet, Siemens SA, direkteur van SASOL, BMW SA en die Reserwebank. Hy was ook ondervoorsitter van die staatspresident se ekonomiese adviesraad. Sy laaste betrekking was as die voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK).

De Waal is op 'n plaas in die Paarl gebore as die jongste van sewe kinders. Hy slaag matriek op die ouderdom van 16. Hy studeer in die ingenieursfakulteit by die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sy vrou, Kitty, in 1943 ontmoet. Hy laat vier kinders, twaalf kleinkinders en vyf agterkleinkinders agter. Hy het die laaste drie jaar van sy lewe aan Alzheimer se siekte gely.

  • Hy was 'n swaargewig van die destydse sakewêreld Rapport, 21 Julie 2019.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Marius_de_Waal
5 views | Status: cached on November 21 2024 19:29:00
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF