Max Sisulu | |
Max Sisulu in 1985 | |
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 21 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
---|---|
Voorafgegaan deur | Gwen Mahlangu-Nkabinde |
Opgevolg deur | Baleka Mbete |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 23 Augustus 1945 Transvaal, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Elinor Sisulu |
Kind(ers) | 5 |
Max Vuyisile Sisulu (gebore 23 Augustus 1945) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat van 2009 tot 2014 as Speaker van die Nasionale Vergadering gedien het. Hy is op 6 Mei 2009 tot die posisie verkies. Hy volg Gwen Mahlangu-Nkabinde op en word so die eerste manlike post-apartheid speaker van die Nasionale Vergadering. Hy is ook die eerste swartman wat speaker geword het.
Na afloop van die algemene verkiesing van 2014 is Sisulu deur Baleka Mbete as Speaker van die Nasionale Vergadering opgevolg.
Hy is 'n lid van die African National Congress (ANC). Sisulu is die seun van wyle Walter en Albertina Sisulu, beide prominente anti-apartheid aktiviste van die ANC. Hy is die broer van die politikus Lindiwe Sisulu en (wyle) joernalis Zwelakhe Sisulu, beide lede van die ANC.