From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min
| Messier 58 | ||||
| Soort stelsel | Staafspiraalsterrestelsel | |||
| Sterrebeeld | Maagd | |||
| Tipe | SAB(rs)b; LINER Sy1.9 | |||
| Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
| Regte klimming | 12h 37m 43,5s | |||
| Deklinasie | +11º 49' 05" | |||
| Skynmagnitude | 10,5 | |||
| Besonderhede | ||||
| Afstand (ligjaar) | 68 miljoen | |||
| Skynbare grootte | 5,9 × 4,7 boogminute | |||
| Massa | 2,3 × 105 M | |||
| Ander name | M58, NGC 4579, UGC 7796, PGC 42168, VCC 1727, GC3121 | |||
| ||||
Messier 58 of M58 (ook bekend as NGC 4579) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 68 miljoen ligjare van die Aarde af[1][2] in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 15 April 1779 deur Charles Messier ontdek en is een van vier staafspiraalstelsels wat in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem is.[3][4]
Twee supernovas is in M58 waargeneem:[5] SN 1988A op 18 Januarie 1988[4] met ’n skynbare helderheid van 13,5 mag in sy kern, en SN 1989M op 28 Junie 1989[4] met ’n skynbare helderheid van 12,2 mag in sy kern.