Miljard is die woord vir duisend miljoen of 1 000 000 000 (109). Die SI-voorvoegsel vir ’n miljard is giga, afgekort as G. Voorbeeld: 1 GG = 1 gigagreep (gigabyte) = 1 miljard grepe. Die ontbinding van 1 miljard in priemfaktore is: 1 000 000 000 = 29 × 59.
In Engels word dié getal billion genoem, wat nie met die Afrikaanse woord biljoen verwar moet word nie. ’n Biljoen is duisend miljard of 1 000 000 000 000 (1012). Die rede vir die verskil in die name is omdat twee verskillende stelsels, die kort en die lang skaalverdeling, in verskillende dele van die wêreld gebruik word. In Afrikaans word die "lang skaal" gebruik en in Engels die "kort skaal".