Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Milton Bradley Company

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


Milton Bradley
TipeDogtermaatskappy en handelsmerk van Hasbro, Inc.
Gestig1860
Hoofkantoor
East Longmeadow, Massachusetts
,
Gebied bedien
wêreldwyd
Sleutelpersone
Milton Bradley (1836–1911)
ProdukteBordspele
OuerHasbro, Inc.

Milton Bradley Company was 'n Amerikaanse vervaardiger van bordspele wat deur die litograaf en entrepreneur Milton Bradley (1836–1911) in 1860 in Springfield in die deelstaat Massachusetts gevestig is.[1]

In 1920 het die onderneming sy mededinger McLoughlin Brothers oorgeneem wat in die laat 19de eeu tot die VSA se grootste bordspelvervaardiger gegroei het. Die hoofkwartier en vervaardigingsaanleg is in die 1960's na die voorstad East Longmeadow verskuif.

Milton Bradley is op sy beurt in 1984 deur Hasbro, Inc. oorgeneem, net soos sy vroeëre hoofmededinger Parker Brothers. Albei is steeds handelsmerke in besit van Hasbro, Inc. In 2009 is die twee handelsmerke geskrap ten gunste van die moedermaatskappy se eie handelsmerk Hasbro.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Milton_Bradley_Company
21 views | Status: cached on June 08 2025 02:28:14
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF