From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min
| Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
|---|---|---|---|---|---|
| Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
| Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
| Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
| Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
| Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
| Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
| Viséum | 330,9–346,7 | ||||
| Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
| Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
| Die verdeling van die Karboon (IKS). | |||||
Die Mississippium is in die geologiese tydskaal die eerste epog of serie in die periode/sisteem Karboon. Dit het van sowat 358,9 tot 323,2 miljoen jaar gelede geduur.[1] Dit is voorafgegaan deur die Laat Devoon en gevolg deur die Pennsylvanium.
Die Mississippium is genoem na die Amerikaanse rivier Mississippi en word onderverdeel in drie tydsnedes of etages: die Tournaisium, Viséum en Serpukhovium.
In Noord-Amerika is die Karboon vroeër beskou as twee aparte periodes, die Mississippium en Pennsilvanium. Dié name word selde gebruik tensy oor die Noord-Amerikaanse geologie gepraat word. Elders word meestal gepraat van die "Vroeë Karboon".