From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min
| Moskou-oblast Московская область | ||||
| Die ligging van Moskou-oblast in Rusland. | ||||
| Politieke status | ||||
| Land | ||||
| Federale distrik | Sentrale | |||
| Ekonomiese streek | Sentrale | |||
| Stigting | 14 Januarie 1929 | |||
| Regering | ||||
| Hoofstad | Moskou | |||
| Leier | Andrei Worobjof | |||
| Amp | Goewerneur | |||
| Wetgewer | Wetgewende Raad | |||
| Bevolking | ||||
| Sensus | 2010 | |||
| Totaal | 7 095 120 | |||
| Volgorde | 2de | |||
| Digtheid | 154,58/km2 | |||
| Stedelik | 80,1% | |||
| Plattelands | 19,9% | |||
| Statistiek | ||||
| Oppervlakte | 45 900 km2 | |||
| Volgorde | 54ste | |||
| Tydsone | UTC+04:00 | |||
| Registrasienommer | 50, 90, 150, 190 | |||
| Amptelike tale | Russies | |||
| Webtuiste | http://mosreg.ru/ | |||
| Wapen en vlag | ||||
| ||||
Moskou-oblast (Russies: Моско́вская о́бласть, Moskofskaja oblast) of Podmoskowje[1] (Подмоско́вье) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die administratiewe hoofstad is Moskou.
Sy oppervlakte, 45 900 km², is redelik klein in vergelyking met ander deelgebiede s'n, maar dit is die tweede digs bevolkte deelgebied in die land[2] naas die Federale Stad Moskou wat, hoewel dit in die oblast lê, nie deel daarvan is nie.
Moskou-oblast is hoogs geïndustrialiseerd, met die vernaamste sektore metallurgie, olieraffinadery en meganiese ingenieurswese.
Die oblast is op 14 Januarie 1929 binne die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek gestig as die Sentraal-industriële Oblast (Центральнопромышленная область, Tsentralnopromisjlennaja oblast) uit die goewerneurskappe van Moskou, Rjazan, Toela en Twer. Dit het op 3 Junie 1929 sy huidige naam gekry.
In September 1937 is die oblast verdeel in Moskou-, Rjazan- en Toela-oblast en is sy huidige grense vasgelê.
Moskou-oblast grens aan Twer-, Jaroslawl-, Wladimir-, Rjazan-, Toela-, Kaloega- en Smolensk-oblast. Dit omring ook die Federale Stad Moskou, wat nie deel van die oblast is nie, maar ’n deelgebied uit eie reg.
{{cite web}}: URL–wikilink conflict (hulp)