Mossi | |
---|---|
Die vinnige Mossi-kavallerie het eens groot gebiede van die hedendaagse Burkina Faso oorheers | |
Totale bevolking: | ca. 7,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Burkina Faso 6,2 miljoen (52%) |
Taal: | Mossi, Frans |
Geloofsoortuiging: | Islam (65%), Christendom (15%), Tradisionele Afrika-godsdiens (20%) |
Verwante etniese groepe: | Ander Gur-volke soos Dagomba en Mamprusi |
Die Mossi (Mossi: Mole, Mosse, enkelvoud: Moaaga) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Mossi as moedertaal praat. Hulle bly veral in Burkina Faso se Voltarivierbekken. Die Mossi is die grootste etniese groep in Burkina Faso met sowat 6,2 miljoen mense, 52% van die totale bevolking.[1] Die ander 48% van Burkina Faso se bevolking bestaan uit meer as 60 etniese groepe, waaronder Bambara, Berbers, Bwaba, Fulani en Mandinka.[2]
Die Mossi het hul oorsprong in Burkina Faso, hoewel 'n beduidende aantal Mossi in die aangrensende lande Benin, Ghana, Ivoorkus, Mali en Togo bly. In 1996 is die bevolking van Burkina Faso op 10 623 323 beraam. 5 tot ses miljoen is waarskynlik Mossi; 'n bykomende 1,2 miljoen Mossi bly in die Ivoorkus en 'n verdere 160 000 in Ghana.
Die Mossi is gevestigde boere, wat manna en sorghum as stapelvoedsel kweek. Sommige ambagsmanne, soos smede en leerwerkers, behoort aan kastes met 'n lae status.
Islam en Christendom is minderheidsgodsdienste. Die Mossi vereer hul voorouers, wie se geestelike teenwoordigheid beide hul aansprake op hul land bekragtig en 'n belangrike meganisme van sosiale beheer bied. Hulle bid ook tot natuurgode en versoen hulle.