Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Mowers

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Aan die verlate huise by die spoorweghalte Mowers in die Boland is ‘n interessante (en waarskynlik onwaar) storie verbonde.

Mowers lê tussen Nuy en Vinkrivier op die spoorlyn tussen Worcester en Robertson en direk langs die R60-pad.

‘n Stasiemeester in Natal het aanhoudend gevra vir meer huise vir sy personeel. Op ‘n stadium het die spoorwegbase vir die stasiemeester laat weet hy moet ophou vra aangesien daar meer as genoeg huisvesting voorsien is. Hy het laat weet dat daar nie ‘n enkele huis gebou is nie. Daarop is die saak ondersoek en het dit geblyk dat ‘n klerk die verkeerde haltenommer gebruik het en die huise teen die hange by Mowershalte gebou is. Jare lank het die huise daar onbewoon gestaan totdat hulle rondom die jaar 2000 gesloop is.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Mowers
12 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF