Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Murrumbidgee

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


Murrumbidgee
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.

Die stroomgebied van die Murrumbidgee.

Oorsprong Peppercorn Hill, Snowy Mountains, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte
Monding Boundary Bend, Nieu-Suid-Wallis, Victoria
Murrayrivier
Stroomgebied Nieu-Suid-Wallis (Australië)
Lengte 1 488 km (900 myl)
Oorspronghoogte 1 560 m (5 118 voet)
Mondinghoogte 55 m (180 voet)
Gemiddelde afloop 120 m³/s (4 200 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 84 000 km² (30 000 myl²)

Die Murrumbidgee[1][2] (Engels: Murrumbidgee River, [mʌrəmˈbɪdʒi][3]) is met 'n lengte van 1 488 km Australië se tweede grootste rivier.[4] Die Murrumbidgee is die grootste sytak van die Murrayrivier.

Die Murrumbidgee naby Gundagai, Nieu-Suid-Wallis

Die Murrumbidgee ontspring net suid van Canberra, Australië se hoofstad, op 'n hoogte van 1 500 m aan die voet van die Peppercorn Hill in die Fiery Range van die Snowy Mountains (Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte). Aansluitend loop dit 1 488 km in 'n wes-noordelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Murrumbidgee naby Boundary Bend met die Murrayrivier saamvloei.

Murrumbidgee beteken "groot water" in die Wiradjuri-taal, een van die lokale Aboriginale tale.[5] Die rivier self loop deur verskeie tradisionele gebiede van inheemse Australiërs, tuis van verskeie inheemse stamme.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "Our Catchment". Murrumbidgee Catchment Management Authority (in Engels). Government of New South Wales. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2014. Besoek op 10 Februarie 2015.
  2. ↑ (en) "Map of Murrumbidgee River". Bonzle.com. Besoek op 10 Februarie 2015.
  3. ↑ (en) Macquarie ABC Dictionary. The Macquarie Library Pty Ltd. 2003. pp. 647, 853. ISBN 1-876429-37-2.
  4. ↑ "(Australia's) Longest Rivers" (in Engels). Geoscience Australia. 10 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014. Besoek op 10 Februarie 2015.
  5. ↑ (en) Room, Adrian (2003). Placenames of the World. McFarland. p. 246. ISBN 0-7864-1814-1.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Murrumbidgee
24 views | Status: cached on November 18 2024 14:19:24
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF