Die Najades (Grieks: Ναϊάδες van νάειν, "vloei", en νἃμα, "lopende water") was in die Griekse mitologie nimfe wat wag gehou het oor fonteine, putte en strome.[1]
Najades word met vars water verbind, nes die Okeaniede met sout water en die Nereïdes met die Middellandse See verbind word.
’n Najade was baie nou verbind met haar water; as dit opgedroog het, het sy gesterf. Hulle kon gevaarlik en jaloers gewees het. Hulle was óf die dogters van Zeus óf verskeie Okeaniede.