Narwal | |
---|---|
'n Individu van die kant en van onder gesien. | |
Grootte in vergelyking met dié van 'n gemiddelde mens. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Infraorde: | |
Familie: | |
Genus: | Monodon |
Spesie: | M. monoceros Linnaeus, 1758
|
Verspreiding van die narwal. |
Die narwal of eenhoringvis (wetenskaplike naam: Monodon monoceros) is 'n mediumgroot tandwalvis met 'n groot, uitstekende slagtand. Dit kom deur die jaar in die Arktiese waters om Groenland, Kanada en Rusland voor. Dit is een van twee lewende spesies walvisse in die familie Monodontidae, saam met die witdolfyn. Die mannetjies word gekenmerk deur 'n lang, reguit, spiraalagtige slagtand. Die narwal was een van baie spesies wat in 1758 deur Carl Linnaeus beskryf is in sy publikasie Systema Naturae.
Nes die witdolfyn is narwalle mediumgroot walvisse. Albei geslagte is, buiten die mannetjies se slagtande, van 3,95 tot 5,5 meter lank; mannetjies is effens groter as die wyfies. Die gemiddelde massa van 'n gemiddelde narwal is 800 tot 1 600 kg. Die mannetjies raak op 11 tot 13 jaar oud seksueel volwasse, en wyfies op 5 tot 8 jaar oud. Narwalle het nie 'n rugvin nie en hulle nekwerwels is aaneenlopend soos die meeste ander soogdiere s'n, en nie saamgesmelt soos by dolfyne en die meeste walvisse nie.