Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Nieu-Taipei

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


Nieu-Taipei
新北市
Sin-pak Tshī

Kaart Seël
Vlag
 Land Vlag van Republiek China Republiek China
 Administratiewe gewes Noord-Taiwan
 Koördinate 25°1′N 121°47′O / 25.017°N 121.783°O / 25.017; 121.783
 Stigting Desember 2010
 Provinsiale stadstatus 25 Oktober 1945
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 052,57 vk km
 Hoogte bo seevlak - m
 Bevolking:  
 - Totaal (Januarie 2023) 4 004 367
 - Bevolkingsdigtheid 2 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 8 535 000
 Tydsone UTC +8 (CST)
 Burgemeester Hou Yu-ih (KMT)
 Amptelike webwerf New Taipei

Nieu-Taipei, soms ook Xinbei genoem, amptelike Engelse naam: New Taipei City (Chinees: 新北市, pinyin: Xīnběi Shì; Taiwannees: Sin-pak Tshī), is die grootste stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met 'n bevolking van sowat vier miljoen. Nieu-Taipei het in Desember 2010 met die samesmelting van alle 29 stede en munisipaliteite in die voormalige landelike Taipei-distrik ontstaan. Dit is 'n spesiale munisipaliteit in die noordelike deel van die eilandstaat en word regstreeks deur die nasionale regering bestuur.[1]

Nieu-Taipei se stadshorison

Sy stadsgebied behels 'n aansienlike deel van Taiwan se noordelike kuslyn langs die Oos-Chinese See en omsluit die Taipei-bekken met die hoofstad Taipei. Dit word in die noordooste deur Keelung, die Yilan-distrik in die suidooste en die Taoyuan-distrik in die suidweste begrens.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Government organizations". Presidentskantoor van die Republiek China (Taiwan). Besoek op 23 Julie 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Nieu-Taipei
35 views | Status: cached on August 07 2025 03:23:42
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF