Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Nitriel

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


'n Nitriel

Nitiele is organiese verbindings met 'n algemene formule R-C≡N.

Die nitrielgroep (-C≡N) is nouverwant aan die sianied-ion maar dit het 'n kovalente binding met die res (R-) van die organiese molekuul en dit verander die eienskappe. Sianiede is byvoorbeeld baie giftiger as nitriele. Die voorvoegsel siano- word nogtans dikwels as sinoniem vir die agtervoegsel -nitriel gebruik. Sianometaan en metaannitriel is dus albei CH3CN. Die nitielgroep (-C≡N) het 'n driedubbelbinding nes die alkyne en het daardeur 'n lineêre vorm. 'n Verbinding wat uit twee nitielgroepe bestaan is sianogeen.

Vervaardiging

[wysig | wysig bron]

Nitriele kan uit halogenoalkane vervaardig word, byvoorbeeld:

'n Ander sintese gaan uit van 'n amied:

Reaksies

[wysig | wysig bron]

Die elektronegatiwiteit van stikstof is hoër as koolstof s'n. Die gevolg daarvan is dat die koolstofatoom in -C≡N effens positief gelaai is en daardeur nes die karbonielgroep van ketone onderhewig aan elektrofiele aanvalle is.

Nitriele kan by verhitting met swawelsuur -met 'n amied as tussenstap- karboksielsure vorm:[1]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "libretexts" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2017.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Nitriel
10 views | Status: cached on July 10 2025 01:55:14
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF