Die Nominatief (van die Latynse casus nominativus – nominatiewe naamval) is 'n naamval van 'n selfstandige naamwoord wat oor die algemeen die onderwerp van 'n werkwoord aandui teenoor die voorwerp of ander werkwoordargumente.
Die nominatief is die gewone, natuurlike vorm (meer tegnies, die mins gemerkte) van sekere woordsoorte, soos selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, voornaamwoorde en minder gereeld telwoorde en deelwoorde, en dui soms nie enige spesiale verhouding met ander woordsoorte aan nie. Daarom is die nominatief in sommige tale ongemerk, dit is, die vorm van die stam, met geen verbuigings nie; alternatiewelik kan daar gesê word dat dit met 'n zero morfeem gemerk is. Verder, in meeste tale met 'n nominatiewe naamval, is die nominatief die lemma; dit wil sê, dit is die een wat gebruik word om 'n woord aan te haal, dit in 'n woordeboek te lsy en so voorts.
Nominatiewe naamvalle word ondermeer in Duits, Latyn, Yslands en Oudengels aangetref. Afrikaans en Engelse behou steeds sommige nominatiewe voornaamwoorde, teenoor die akkusatief of oblique case: Ek (akkusatief, my), hy (akkusatief, hom) jy (akkusatief, jou) en sy (akkusatief, haar), maar ons (akkusatief, ons), en hulle (akkusatief, hulle).
Die term "nominatiewe naamval" word die mees behoorlik gebruik in die bespreking van nominatief-akkusatiewe tale, soos Latyn, Grieks, en meeste moderne Wes-Europese tale.
In aktief-statiewe tale is daar 'n naamval wat soms nominatief genoem word wat die mees gemerkte naamval is, en wat gebruik word vir die onderwerp van 'n oorganklike werkwoord of 'n vrywillige onderwerp van 'n onoorganklike werkwoord, maar nie vir 'n onvrywillige onderwerp van 'n onoorganklike werkwoord nie; aangesien sulke tale 'n betreklike nuwe studieveld is, is daar geen standaardnaam vir die naamval nie.
Sommige skrywers van Engels gebruik die term subjektiewe naamval in plaas van nominatief, om aandag te vestig op die verskille tussen die "standaard" generiese nominatief en die manier waarop dit in Engels gebruik word.
In die algemeen, waar die term subjektiewe naamval gebruik is, word die akkusatief en datief gesamentlik die objektiewe naamval genoem. Dit is moontlik in Engels en Afrikaans omdat die twee naamvalle saamgesmelt het; daar is geen oorblywende voorbeelde waar die akkusatief en die datief in vorm onderskeibaar is nie, hoewel hulle funksies wel nog verskillend is. Die genitief word dan gewoonlik die besit-vorm genoem en word baie keer nie as 'n selfstandige naamwoord naamval as sulks gesien nie; Afrikaans en Engels het in die stelsel slegs twee naamvalle, die subjektief en die objektief. Die siening is 'n oorvereenvoudiging maar dit is didakties nuttig.
Naamvalle | ||
---|---|---|
Basies | Absolutief · Akkusatief · Direk · Ergatief · Intransitief · Nominatief · Obliek | |
Adpositioneel | Ablatief | Antessief | Datief | Distributief (–temporaal) | Essief (–formeel · –modaal) · Genitief · Instruktief · Instrumentalis (–komitatief) · Ornatief · Besitte · Possessief · Postpositionaal · Prepositionaal| Prolatief · Prosekutief · Proximatief · Sosiatief · Temporaal · Vialis | |
Lokatief | Ablatief · Adessief · Allatief · Apudessief · Assosiatief · Komitatief · Delatief · Elatief · Exessief · Illatief · Inelatief · Inessief · Intratief · Latief · Lokatief · Perlatief · Subessief · Sublatief · Superessief · Superlatief · Terminatief · Translatief | |
Comparatief | Comparatief · Equatief | |
Evaluatief | Aversief · Benefaktief · Evitatief | |
Ander | Abessief · Addirektief · Adelatief · Adverbiaal · Caritief · Kousaal (–finaal) · Finaal · Modaal · Multiplikatief · Partitief · Pegatief · Privatief · Postelatief · Postdirektief · Postessief · Separatief · Subdirektief · Suppressief · Vokatief |