Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Northwest Angle

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Kaart toon die Northwest Angle en Elm Point.
Foto van die Northwest Angle en die Lake of the Woods.

Die Northwest Angle is 'n gebied in die uiterste noorde van die Amerikaanse deelstaat Minnesota, wat 'n eksklawe aan die Lake of the Woods is. Dit word aan die Kanadese provinsie Manitoba op die 49ste breedtegraad begrens. Ten suide van die Northwest Angle is die onbewoonde Amerikaanse eksklawes van Buffalo Bay Point en Elm Point geleë.

Die Northwest Angle dateer uit die Vrede van Parys wat die grenslyn tussen Amerika en Brits Noord-Amerika ná die einde van die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog bepaal het.

Die gebied het in 2000 'n bevolking van 152 gehad, wat volgens die 2010 sensus tot 119 gedaal het.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Northwest_Angle
11 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF