'Nouakchott' Die Nouakchott-moskee
| |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Mauritanië |
Koördinate | 18°06′N 15°57′W / 18.100°N 15.950°W |
Stigting | 1958 |
Hoofstadstatus | 1960 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 000 vk km |
Hoogte bo seevlak | 5 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 890 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 890/vk km |
Tydsone | UTC +0 |
- Somertyd | Geen |
Klimaat | Kus |
Burgemeester (party) | Didi Ould Bounaama |
Nouakchott (Arabies: نواكشوط, Berbies: Nawākšūṭ (plek van winde)[1]) is die hoofstad van Mauritanië en het 'n bevolking van 881 000 gehad in 2008 met 'n oppervlakte van 1 000 km². Dit is by verre die grootste stad en het ook die tweede grootste hawe in die land.
Nouakchott was maar 'n klein vissersdorpie van 200 mense tot in 1958. Sy gematigde klimaat en die gerieflike plasing van Nouakchott aan die Atlantiese Oseaankus is teen die einde van die Franse koloniale tydperk gekies om 'n dorp te vestig, 'n hoofstad vir die land wat onafhanklikheid te wagte was. Teen onafhanklikheid in 1960 was die bevolking nog steeds in die vier-syfer-reeks; maar deur landelik-stedelike migrasie as 'n gevolg van die ekonomiese krisis en droogtes in die 1970's en 1980's, het die bevolking sederdien opgeskiet tot meer as 890 000 in 2010, grootliks onbepland. Die meeste van die nuwelinge bly ver van die beplande Westerse-styl besigheidsentrum in ruim oop gebiede, meestal in goedkoop hotelle en kwartiere met onvoldoende infrastruktuur op alle gebiede.
Nouakchott was 'n klein, versterkte vissersdorpie (ksar) in die pre-koloniale tyd en onder Franse bewind. Terwyl Mauritanië voorberei het op onafhanklikheid, het dit nie 'n hoofstad gehad nie, en die gebied van die hedendaagse Nouakchott is deur Moktar Ould Daddah en sy raadgewers gekies. Ould Daddah wou hê dat die nuwe hoofstad 'n simbool van moderniteit en nasionale eenheid sou wees wat bestaande stede of dorpe in die binneland uitsluit. Die dorp is gekies as die hoofstad vir sy sentrale ligging tussen Saint-Louis, Senegal, die stad waarvandaan die kolonie Mauritanië bestuur is, en Nouadhibou. Die ligging het ook beteken dat dit die sensitiewe vraagstuk of die hoofstad gebou is in 'n gebied wat deur die Arabiese afkoms More of swart Afrikane oorheers word, vermy het.
Bouwerk het in Maart 1958 begin om die dorp uit te brei tot 'n bevolking van 15 000 en die basiese infrastruktuur is voltooi teen die tyd dat die Franse op 28 November 1960 onafhanklikheid verleen het.[2] Nouakchott was beplan met die verwagting dat handel en ander ekonomiese aktiwiteite nie in die stad sou plaasvind nie. Nouakchott se sentrale sakekern was beplan met breë strate en 'n roosteragtige struktuur; die nuwe Cinquième Quartier (Vyfde Distrik) was naby hierdie gebied geleë en het binne enkele jare die ligging geword van 'n groot opelugmark en woongebied. Gedurende die 1960's het die stad sy eie plaaslike regering verkry. Teen die 1970's het hierdie nuwe gebiede soveel gegroei dat dit die ou ksar in terme van belangrikheid vervang het, aangesien dit ook die regeringsgeboue en staatsondernemings gehuisves het.[3]:369
Die stad is in 1976 twee keer aangeval deur die Polisario-front tydens die konflik in die Wes-Sahara, maar die guerilla's het min skade berokken. Die stad het sedert die begin van die 1970's massiewe en onbeperkte groei gehad, aangedryf deur die Noord-Afrikaanse droogte; honderde duisende het daarheen getrek op soek na 'n beter lewe. Die amptelike sensusse het in 1977 134 000 inwoners getoon en 393 325 in 1988, hoewel albei syfers waarskynlik kleiner was as die werklikheid.[3]:370 Die bevolking bestaan tans uit ten minste een derde van die land se bevolking van 3,2 miljoen[4] en die 2013-sensus het 'n bevolking van 958 379 getoon.[5]
Nouakchott is susterstede met: