Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Gemoderniseerde Finse Oerlikon 35 mm-tweelingkanon | |
Tipe | Outomatiese kanon |
---|---|
Oorsprong | Switserland |
Diensgeskiedenis | |
Gebruik deur | ~30 lande |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Oerlikon Contraves |
Ontwerp | laat-1950s |
Vervaardiger | Oerlikon Contraves |
Spesifikasie | |
Massa | 6700 kg (met ammunisie) |
Lengte | 7.8 m (soos vervoer) |
Looplengte | 3.15 m (loop) |
Rondte | 35x228mm, 1.565 kg |
Kaliber | 35 mm |
Aksie | Gasaksie[1] |
Wa | 4 wiele met pote |
Righoek | -5°/+92° |
Rigbaan | Volle 360° |
Vuurtempo | 550 rondtes/min (per loop) |
Trompsnelheid | 1175 m/s |
Normale vuurafstand | Plafon: 4000 m |
Die Oerlikon 35 mm-tweelingkanon of Oerlikon GDF is 'n gesleepte lugafweerkanon wat deur Oerlikon Contraves vervaardig word.
Die stelsel het oorspronklik as die 2 ZLA/353 ML bekend gestaan, maar dis later verander na GDF-001. Die stelsel is in die laat-1950s ontwikkel en word deur ongeveer 30 lande gebruik.
Die stelsel maak gebruik van 35 mm outomatiese kanonne, wat oorspronklik as die 353 MK bekend gestaan het, maar nou die KD-reeks heet. Dieselfde KD-reeks 35 mm-kanonne word in die Leopard 1-gebasseerde Gepard en Tipe 74-tenkbasseerde Tipe 87 SPAAG en T-55-basseerde Marksman selfaangedrewe lugafweerkanonne gebruik.
Die stelsel kan saam met die alleenstaande Super Fledermaus-vuurbeheerradar gebruik word, wat teen die laat-1970s opgegradeer is na die Skyguard-stelsel.
In 1980 is 'n opgegradeerde model, die GDF-002, geproduseer, wat verbeterde sig en die vermoë gehad het om deur 'n aparte digitale vuurstelsel beheer te word. In 1985 is 'n opgegradeerde model geproduseer, die GDF-005, wat 'n Gunking 3D-rekenaarbeheerde sig met 'n geïntegreerde laserteikenvinder en digitale beheerstelsel gebied het.
Die kanonne word gewoonlik deur 'n 5-ton 6×6 trok vervoer.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Oerlikon GDF. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |