Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Olivaint Genootschap van België[1] (Afrikaans: Olivaint Genootskap van België) is 'n Belgiese pluralistiese en onafhanklike studentevereniging gestig in 1954. Die doel is hoofsaaklik die vorm van persone wat later professionele verantwoordelikhede sal dra.[2] As voertaal word sowel Nederlands as Frans gebruik. Elke student wat 2 jaar universiteit gevolg het (baccalaureus-grade of meester-grade) en akkoord gaan met die beginsels van die genootskap kan lid word. Die aantal lede is jaarliks beperk tot 50. Kandidate moet hul curriculum vitae met 'n skriftelike motivering indiening en moet daarna 'n keurings onderhoud ondergaan deur die bestuurslede van die Konferensie. Gedurende die akademiese jaar word daar 10 vergaderings op Saterdagnamiddag gehou in Brussel. Tydens hierdie tematiese vergaderings kry die studente mondelinge spreekbeurte. Na die spreekbeurte praat 'n prominente figuur uit politieke, ekonomiese, kulturele of die sosiale wêreld waarna die studente in debat tree. Daarbenewens organiseer die genootskap ook 'n jaarlikse wedstryd van welsprekendheid. Die akademiejaar word afgesluit met 'n buitelandse studiereis.[3]
Die Olivaint Genootschap beskik oor 'n netwerk van meer as 1100 alumni. Die vereniging het gedien as 'n opleiding van verskeie Belgiese politici, diplomate, wetenskaplikes en sakelui. Enkele van die noemenswaardige alumni wat die instansie opgelewer het: