From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Omar عمر بن الخطاب | |
|---|---|
| Kalief van die Rasjidoen-kalifaat | |
| Volle naam | Omar ibn al-Khattab of Aboe Hafsa ibn al-Chattib (عمر بن الخطاب) |
| Titels | Al-Farooq ("die een wat onderskei tussen reg en verkeerd") Amir al-Mu'minin ("Leier van die gelowiges") |
| Regeer | 23 Augustus 634 – 3 November 644 |
| Voorganger | Aboe Bakr |
| Opvolger | Oethman |
| Gebore | 586; Mekka, Arabië |
| Oorlede | 3 November 644; Medina, Arabië |
| Begrawe | Al-Masjid an-Nabawi, Medina |
| Eggenote |
|
| Kinders | Seuns
Dogters
|
| Vader | Khattab ibn Nufayl |
| Moeder | Hantamah binti Khattab |
| Broer | Zayd ibn al-Khattab |
| Suster | Fatimah bint al-Khattab |
| Afstammelinge | Farooqi |
Omar ibn al-Khattab of Aboe Hafsa ibn al-Chattib (Arabies: عمر بن الخطاب; omstreeks 586-590 tot 7 November 644), ook bekend as Omar die Grote en Al-Farooq, was die tweede en magtigste van die vier "reggeleide" kaliefs van Islam en een van die invloedrykste Moslem-leiers.[1] Hy was ’n metgesel van Mohammed en het Aboe Bakr in 634 as kalief opgevolg. Hy was ’n uitstekende wetgeleerde en dit het hom die titel Al-Farooq ("die een wat onderskei tussen reg en verkeerd") besorg en sy huis die naam Darul Adal ("huis van geregtigheid").
