Ons
| |
---|---|
[[Lêer:|264px]] | |
Skrywer | Jewgeni Zamjatin |
Land | Sowjetunie |
Taal | Russies |
Genre | Dystopiese, politieke fiksie, sosiale wetenskapfiksie |
Uitgewer | Avon Books |
Uitgegee | 1921, Engelse vertaling 1924 |
Medium | Druk (Gebind en sagteband) |
Bladsye | 226 |
ISBN | 0-14-018585-2 |
Ons (Russies: ‘мы’) is ‘n wetenskapfiksieroman van Jewgeni Zamjatin (1884-1937).
Die skrywer Zamyatin was gekant teen outoritêre owerhede en het in sy skryfwerk eers teen die tsaristiese bewind en later die Sowjetunie kritiek gelewer, want selfs na 'n tydlange tronkstraf na 'n arrestasie in 1905 het hy sy uiters kritiese boek Ons in 1920 geskryf. Hierdie werk was veral krities oor die nuutgestigte Sowjetunie. Zamjatin se Ons het groot literêre werke beïnvloed, soos George Orwell se Nineteen Eighty-Four en Aldous Huxley se Brave New World. Sover bekend het Orwell nog nooit erken dat hy Zamyatin as inspirasie nageboots het nie. Hy het wel die boek geresenseer.[1]
Ons is 'n unieke boek omdat dit die literêre grondlegger was van die konsep distopie: 'n samelewing met suiwer negatiewe eienskappe, waarin 'n mens nie wil leef nie. Distopie is die teenoorgestelde van utopie, die perfekte droom (samelewing). Die skrywer voorsien die mensdom van 'n blik van die verre toekoms en probeer sodoende ‘n waarskuwing rig. Ons vergelyk byvoorbeeld met die latere Charlie Chaplin se Modern Times, waarin hy die moderne vervaardigingsmaatskappy as fabriekswerker belaglik maak. Zamjatin spot ook met hierdie toekomstige samelewing in Ons. Mense is verminder tot letterlik en figuurlik wilslose getalle of nommers vir wie alles gereël word. Selfs liefde en seksualiteit word op 'n sekere tyd gereël. Selfs by 'n persoon wat per ongeluk verlief raak, word die verliefdheid as 'n 'versteuring' nietig verklaar; daardie persoon se verbeelding word chirurgies verwyder, waarna hy weer 'n modelburger word. Alles word beplan. Dit verwys duidelik na die sterk klem op beplanning in die Sowjetunie.
Waarskynlik in 1920, toe hierdie boek geskryf is, was hierdie toekomsvisie vir die mense meer onwerklik as vir ons vandag. Ons speel af in die dertigste eeu.
Opmerklik en kenmerkend is die gebruik van getalle deur Zamjatin in Ons. Mense het byvoorbeeld nie 'n naam nie, maar 'n nommer; hulle is verminder tot getalle wat nie meer hul eie identiteit het nie. Mans is medeklinkers, vroue klinkers. Fabrieke, laboratoriums, hospitale en dies meer het ook 'n nommer. Dit is blykbaar nog 'n steek van die skrywer teen kommunisme. In die Sowjetunie word getalle gebruik in plaas van name vir skole, melkwinkels en dies meer. Dit kan vandag nog oral in Rusland gevind word: skool nr. 14, apteek nr. 96 of bakkery nr. 102.
Die Verenigde Staat streef daarna om die omstandighede van die inwoners met wiskunde te vervolmaak. Die eerste fondament is 1000 jaar tevore deur Frederick Taylor gelê. 22 Van die 24 daaglikse ure is reeds sentraal bepaal. Slegs 2 uur daarvan is vir die inwoners in hul glaswoonstelle om persoonlike dinge te doen, insluitende rolgordyne te laat sak om seks te hê met hul voorafbepaalde seksmaat. Die wiskundige beginsels het liefde en honger uitgeskakel, en die ruimte moet ook gekoloniseer word deur die ruimteskip die Integral wat op die punt staan om te vertrek. Tydens die jaarlikse rituele eenparige herverkiesing van Die Weldoener, wat die Verenigde Staat saam met sy beskermers bestuur, is daar skielik baie andersdenkendes. D-503 blyk 'n pion in die Weldoener se skaak teen I-330 te wees, wat die Verenigde Staat bedreig met die wildes van buite die Groen Muur. 'n Toegang van 'n beskermende groen muur val en voëls en wilde mense en diere dring deur na die Verenigde Staat. Daar is dooie nommers in die strate. Die lewendige nommers word almal onderwerp aan die Groot Operasie wat hul verbeelding van hul breine sny. Die boek eindig in die gaskamer van Die Weldoener, waar D-503, as getuie en I-330 as hoof van die Mefi, meedoënloos ondervra word.
Die Verenigde Staat wil mense gelukkig maak deur vrye wil uit te skakel en lewenssake suiwer wiskundig te reguleer. In die paradys het mense vryheid gekies in plaas van veiligheid en geluk. I-330, daarenteen, sê dat daar geen laaste nommer in wiskunde is nie, sodat daar nooit 'n finale rewolusie kan plaasvind nie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |