From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min
Die ontdekkingsfoto van Ophelia (bo) deur Voyager 2. | |
| Ontdekking | |
|---|---|
| Ontdek deur | Richard J. Terrile / Voyager 2 |
| Datum | 20 Januarie 1986 |
| Wentelbaaneienskappe | |
| Wentelbaanradius | 53 763,390 ± 0,847 km[1] |
| Wentelperiode | 0,37640039 ± 0,00000357 d[1] |
| Gem. omwentelingspoed | 10,39 km/s |
| Baanhelling | 0,10362 ± 0,055°[1] |
| Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
| Afmetings | 54 × 38 × 38 km[2] |
| Gem. radius | 21,4 ± 4 km[2][3][4] |
| Oppervlakte | ~6 600 km² |
| Volume | ~41 000 km³ |
| Massa | ~5,3×1016 kg |
| Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (aangeneem)[3] |
| Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,0070 m/s² |
| Ontsnapping- snelheid | ~0,018 km/s |
| Rotasieperiode | Sinkronies[2] |
| Ashelling | Nul[2] |
| Temperatuur | ~64 K |
Ophelia is ’n maan van Uranus. Dit is op 20 Januarie 1986 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1986 U 8 gekry.[5] Die naam "Ophelia" kom van die dogter van Polonius in William Shakespeare se Hamlet. Dit is ook bekend as Uranus VII.[6]
Ophelia is nie weer opgespoor totdat die Hubble-ruimteteleskoop dit in 2003 waargeneem het nie.[7][8] Baie min is daaroor bekend, buiten sy wentelbaan,[1] radius van 21 km[2] en geometriese albedo van 0,08.[7] Op die Voyager 2-foto's lyk dit langwerpig, met sy hoofas wat na Uranus wys.
Ophelia is die buitenste herdersmaan vir Uranus se ε-ring.[9] Sy wentelbaan is binne Uranus se radius vir sinkroniese wentelbane en neem dus langsamerhand af weens gety-invloede.[2]
{{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
{{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)