Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Opoku Ware I

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Opoku Ware I (1700-1750) was die Asantehene, of koning van die Asjanti. Hy was van die Oyoko-clan van die voormalige Asjantiryk, wat dele van die hedendaagse Ghana beslaan het. Hy word beskou as die bouer van die ryk. Hy het die grense uitgebrei en ’n groot deel van die hedendaagse Ghana verower.[1]

Hy was getroud en het twee kinders, Adusei Atwenewa en Adusei Kra, gehad.

Tydens sy bewind as koning, wat geduur het van 1720 (volgens sommige bronne 1718,[2] toe hy die weermag teen die Akanstaat van die Akyem aangevoer het) tot met sy dood in 1750, het hy oorlog teen nog ’n Akanstaat, Bono, gevoer en hulle teen 1723 verslaan. Tussen 1741 en 1744 het hy ook ’n paar oorloë gewen.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Kevin Shillington, History of Africa, New York: St. Martin's, 1995 (1989)
  2. Eclairage sur l’histoire précdes Baoulé de Côte d’Ivoire Geargiveer 17 Julie 2012 op Wayback Machine

Skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Opoku_Ware_I
6 views | Status: cached on April 10 2025 02:46:45
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF