Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Outosomaal dominant

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

'n Genetiese oorerwingspatroon wat daarop neerkom dat slegs een alleel van 'n geen in 'n indiwidu aanwesig hoef te wees om te lei tot die uitdrukking van die fenotipe. Dus, by 'n kenmerk wat outosomaal dominant oorgeërf word, sal die teenwoordigheid van die dominante alleel in 'n homosigoot én 'n heterosigoot lei tot die uitdrukking van die fenotipe.

'n Voorbeeld is oogkleur, waar bruin oë (B) dominant is oor blou oë (b). Dus sal beide die genotipes BB én Bb lei tot 'n bruin oë en slegs die genotipe bb tot blou oë.

Ander oorerwingspatrone:


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Outosomaal_dominant
5 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF