Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Panevėžys

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


Panevėžys

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Litaue Litaue
 Etnografiese gewes Aukštaitija
 Koördinate 55°44′N 24°21′O / 55.733°N 24.350°O / 55.733; 24.350
 Stigting (eerste verwysing) 7 September 1503
 Stadstatus 1837
 Oppervlakte:  
 - Totaal 50,1 vk km
 Hoogte bo seevlak 61 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2025) 85 774
 - Bevolkingsdigtheid 1 712/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,4°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −3,1 / 18,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 608 mm
 Burgemeester Petras Luomanas
 Amptelike webwerf www.panevezys.lt/

Panevėžys (Litaus: [pɐnʲɛvʲeːˈʑiːs], ) is die vyfde grootste stad van Litaue na die hoofstad Vilnius, Kaunas, Klaipėda en Šiauliai met 'n oppervlakte van 50,1 vierkante kilometer en 'n bevolking van 85 774 (in 2025). Dit is die hoofstad van die etnografiese gewes Aukštaitija in die noorde van die land. Die stad is halfpad tussen twee Baltiese hoofstede, Vilnius (130 km) en Riga (150 km) geleë en word deur die Via Baltica-snelweg met Skandinawië en Wes-Europa verbind.

'n Panoramiese aansig van Panevėžys

Panevėžys is aan die Nevėžis, die sesde langste rivier in Litaue, geleë waarvan ook die stadsnaam afgelei is. Die stad is een van die beduidendste industriële sentrums in die land.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Panevėžys.
  • (en) Toerisme-inligting oor Panevėžys op Wikivoyage
  • (lt) Amptelike webwerf
  • (en) "Panevėžys". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Julie 2025.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Panevėžys
15 views | Status: cached on August 10 2025 03:15:19
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF