Philip Roth | |
---|---|
Gebore | Philip Milton Roth 19 Maart 1933 |
Sterf | 22 Mei 2018 (op 85) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | Bucknell Universiteit Universiteit van Chicago |
Beroep | Romanskrywer |
Bekend vir | Portnoy's Complaint Sabbath's Theater (1995) American Pastoral (1997) The Human Stain (2000) The Plot Against America (2004) |
Eggenoot | Margaret Martinson William (1959–1963) Claire Bloom (1990–1995) |
Ouer(s) | Bess (née Finkel) en Herman Roth |
Philip Milton Roth (19 Maart 1933 – 22 Mei 2018) was 'n Amerikaanse romanskrywer. Hy is een van die mees gevierde skrywers binne die Verenigde State. Goodbye, Columbus en Sabbath's Theater het die National Book Award gewen; The Counterlife en Patrimony het die National Book Critics Cicle Award gewen; Operation Shylock, The Human Stain en Everyman het die PEN/Faulkner Award gewen; en American Pastoral het die Pulitzerprys vir Fiksie gewen.