Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Piazza Pretoria

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Piazza Pretoria

Die Piazza Pretoria is 'n plein in Palermo, die hoofstad van Sisilië. Dit is in die ou stadskern geleë effens suid van die Quattro Canti en Via Maqueda en strek daarvan in 'n oostelike rigting. 'n stel breë trappe loop van die plein na Via Maqueda daaronder. Die plein se naam is afkomstig van die Palazzo Pretorio die voormalige paleis van Palermo.

Die Piazza Pretoria is in die 16de eeu aangelê om die maniëristiese fontein Fontana Pretoria daar op te rig. In die volksmond word die Piazza Pretoria weens die naakte beelde van die fontein Piazza della Vergogna (Plek van Skande) genoem. Die beskrywing word tot vandag toe steeds in Palermo gebruik.

Aan die oostekant van die Piazza Pretoria oorkant die straat is die Dominikaanse kerk Santa Caterina, in suide word die plein die stadsaal van Palermos begrens.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Piazza_Pretoria
18 views | Status: cached on September 14 2024 00:32:02
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF