Pierre Corneille | |
---|---|
Detail van 'n portret deur Charles Le Brun | |
Gebore | 6 Junie 1606 |
Sterf | 1 Oktober 1684 (op 78-jarige ouderdom) Parys |
Nasionaliteit | Frans |
Beroep | dramaturg |
Eggenoot | Marie de Lampérière |
Pierre Corneille (Franse uitspraak: [pjɛʁ kɔʁnɛj]; 6 Junie 1606 – 1 Oktober 1684) was 'n Franse dramaturg en skrywer. Hy word oor die algemeen beskou as een van die drie groot sewentiende eeuse Franse dramaturge, saam met Molière en Jean Racine.
As jong man was sy beskermheer Kardinaal de Richelieu, wat op die wyse gepoog het om klassieke tragedie op 'n formele wyse te bevorder, maar later in 'n geskil met Corneille betrokke geraak het, veral oor sy bekendste toneelstuk, Le Cid, wat handel oor 'n Middeleeuse Spaanse vegter, en wat deur die nuut-gestigte Académie française veroordeel is. Hy het vir byna veertig jaar voortgegaan om tragedies te skryf.
Die dramaturg, skrywer en filosoof Voltaire het met die steun van die Académie française 'n twaalf-volume geannoteerde stel van Corneille se dramatiese werke geskep, getiteld Commentaires sur Corneille. [1][2] Dit is wat letterkundige kritiek betref Voltaire se grootste werk. [3] Voltaire het Corneille se werk geloof en voorgestel dat dit dieselfde vir die Franse taal doen en beteken as wat Homerus vir Grieks gedoen en beteken het: om aan die wêreld te wys dat dit 'n medium vir groot kuns kan wees. [1] Voltaire wou klassieke Franse literatuur verdedig in die aangesig van toenemend gewilde buitelandse invloede soos William Shakespeare. Dit word weerspieël in die eerste uitgawe van die Commentaires, gepubliseer in 1764, wat fokus op Corneille se beste werke. Toe die tweede uitgawe tien jaar later gepubliseer is het Voltaire egter 'n meer negatiewe assessering van Corneille gevorm. Hy het vyfhonderd kritiese aantekeninge bygevoeg, wat meer werke behandel en 'n meer negatiewe toon openbaar.[4] Kritici se menings oor Corneille was reeds sterk gepolariseerd; Voltaire se ingryping het die debat verder gepolariseer, met sommige kritici wat sy kritiek beskou het as pedanties en gedrewe deur afguns. [3] In die 19de eeu het die mening egter teen Voltaire begin draai. Napoleon het 'n voorkeur uitgespreek vir Corneille bo Voltaire, deur die reputasie van eersgenoemde as dramaturg te laat herleef en laasgenoemde s'n te onderdruk.[5]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Pierre Corneille. |
Wikisource bevat oorspronklike werke deur of oor Pierre Corneille |
Wikiquote het aanhalings in verband met Pierre Corneille |