Piramides van Giza* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die drie hoofpiramides van Giza,saam met kleiner piramides en die oorblyfsels van ander strukture | |
Ligging van die Piramides van Giza in Egipte | |
Koördinate: 29°58′34″N 31°07′58″O / 29.97611°N 31.13278°O | |
Lande | Egipte |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | i, iii, vi |
Verwysings | 86 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1979 (3de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Onder die sambreelterm Piramides van Giza, oftewel die Nekropolis van Giza, word op die Giza-plato in Kaïro, Egipte, Groot Piramide van Giza, die Piramide van Chafra en die Piramide van Menkaoere, saam met kleiner piramides en die Groot Sfinks van Giza saamgevat. Al hierdie geboue is tydens die 4de Dinastie van die Ou Ryk van Antieke Egipte opgerig. Die plek sluit ook 'n aantal begraafplase en die oorblyfsels van 'n werkersdorpie in.
Die plek is aan die rand van die Westelike Woestyn, sowat 9 km wes van die Nylrivier in die stad Giza en sowat 13 km suidwes van Kaïro se stadsentrum.
Die Groot Piramide en die Piramide van Chafra is die grootste piramides wat in Antieke Egipte gebou is, en hulle het algemeenbekende voorbeelde van Antieke Egipte in die Westerse Wêreld geword. Hulle het veral tydens die Hellenistiese tydperk bekend geword, toe die Groot Piramide deur Antipater van Sidon as een van die Sewe wonders van die wêreld gelys is. Dit is verreweg die oudste van die Antieke wonders en die enigste wat nog bestaan. Die Piramides van Giza is in 1979 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.