Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Plungė

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min


Plungė

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Litaue Litaue
 Administratiewe distrik Telšiai
 Koördinate 55°55′12″N 21°51′00″O / 55.92000°N 21.85000°O / 55.92000; 21.85000
 Stigting (eerste verwysing) 1567
 Stadstatus 1792
 Oppervlakte:  
 - Totaal 30 vk km
 Hoogte bo seevlak 119 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 17 318
 - Bevolkingsdigtheid 577/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - / - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm
 Burgemeester (meras) Elvyra Lapukiene
 Amptelike Webwerf www.plunge.lt/

Plungė (Pools: Płungiany) is 'n stedelike nedersetting en administratiewe setel van die gelyknamige rajonmunisipaliteit, geleë in die distrik Telšiai in die noordweste van Litaue. 'n Verskeidenheid historiese en argitektoniese besienswaardighede, waaronder die 19de eeuse paleis van vors Mykolas Oginskis, wat in die middestad geleë is en tans onder meer die Samogitiese Kunsmuseum huisves, het daartoe bygedra dat Plungė as Litaue se kulturele hoofstad van 2009 aangewys is. Plungė dien as die poort tot die nabygeleë Nasionale Žemaitija-park.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Plungė is die setel van Linomeda, 'n familie-ondernerming in die derde generasie wat met sy plaaslik ontwerpte en vervaardigde linne-produkte van hoë gehalte 'n globale rolspeler in die linnebedryf geword het. Die ontwerper Inga Lukauskiene het aan die KLC School of Design in Chelsea, Londen gestudeer en met die aanlynwinkel LinenMe wêreldwye sukses vir Litaus-vervaardigde linne verseker.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Plungė
3 views | Status: cached on August 17 2023 18:20:21
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF