Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Port Elizabeth Provinsiale hospitaal

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Die Port Elizabeth Provinsiale hospitaal is 'n groot provinsiale regeringsgefinansierde hospitaal geleë in Sentraal-Port Elizabeth in Suid-Afrika. Dit is 'n tersiêre onderrighospitaal en vorm deel van die Port Elizabeth-hospitaalkompleks. Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit maak gebruik van die hospitaal as 'n opleidingsinstansie vir verpleegsters, dokters en andere in hul Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

Afdelings

[wysig | wysig bron]

Die hospitaal se afdelings sluit in 'n noodafdeling, pediatriese saal, kraamsaal, ginekologie, buitepasiënte, sjirurgiese dienste, mediese dienste, operasieteaters, apteek, teenretrovirale middelbehandeling vir MIV/vigspasiënte, post-traumaberadingsdienste, oogkliniek, arbeidsterapie, X-straaldienste, fisioterapie, NHLS laboratorium, mondgesondheid, wassery, kombuisdienste en lykshuis.

33°57′30″S 25°35′57″O / 33.95830°S 25.59919°O / -33.95830; 25.59919


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Port_Elizabeth_Provinsiale_hospitaal
4 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF