Pous Alexander II | |
---|---|
Geboortenaam | Anselmo da Baggio |
Pontifikaat begin | 30 September 1061 |
Pontifikaat eindig | 21 April 1073 |
Voorganger | Nicolaas II |
Opvolger | Gregorius VII |
Gebore | ±1012 Baggio, Italië |
Sterf | 21 April 1073 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Alexander |
Alexander II was die 156ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Alexander II is gebore as Anselmo da Baggio (ook Anselmo di Lucca),[1] ongeveer in 1012 in Baggio, Italië. In 1057 word hy biskop van Lucca en op 30 September 1061 volg hy Pous Nicolaas II op en regeer tot sy dood op 21 April 1073. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius VII. Die naam ‘Alexander’ beteken 'kryger'.
Pous Alexander II se verkiesing is gereël deur Hildebrand, die latere Pous Gregorius VII In ooreenstemming met die dekreet van Pous Nicolaas II is hy die eerste pous wat deur die Kollege van Kardinale verkies is. Die keiserlike hof het nie daarmee saamgestem nie en het Cadalus, biskop van Parma as Teenpous Honorius II aangestel. Dit was die begin van die jarelange Investituurstryd. Alexander het die steun geniet van hertog Gottfried van Lotaringe-Toskane en sy vrou Beatrix. Honorius het met 'n leër na Rome getrek en vir 'n lang tyd Alexander se bewind bedreig. Honorius het egter die steun van die keiserlike hof verloor en is afgeset op die sinode van Mantua in 1064.
In 1065 berispe die pous Landulf VI van Benevento dat Jode nie onder dwang bekeer moet word nie.[2] Alexander het ook die sing van die Halleluja tydens die vastetyd verbied.[3]
Pous Alexander het volstrek geweier om toe te laat dat die jong koning Hendrik IV van sy vrou Bertha van Turyn, skei, maar het sy seën gegee aan die huwelik van Willem die Veroweraar met Matilda van Vlaandere.
Die pous stel Lanfranc van Bec aan as aartsbiskop van Kantelberg en maak hom primaat van Engeland.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Nicolaas II |
Pous (Pontifex Maximus) 1061 – 1073 |
Opgevolg deur Gregorius VII |